TERREIN EN SPORTFASILITEITE

TERREIN EN SPORT FASILITEITE


Laerskool Rustenburg se terrein, wat reeds 100 jaar oud is, was in 1921 'n botaniese tuin.  Die besluit om die skool op die boomryke gebied te ontwikkel dra beslis by tot die pragtige omgewing waar ons leerders tans die voorreg het om geonderrig te word.  Die skool streef daarna om die fasiliteite en terrein konstant in stand te hou en op te gradeer.  Die skool beskik oor ruim klaskamers vir 1600 leerders van Gr R (aparte fasiliteite en speelterrien) tot Gr 7, asook 'n Inligtingsentrum met 'n biblioteek en ouditorium, rekenaarsentrum (wat ook 'n leessentrum huisves), naskoolsentrum en eetsaal waar behoeftige leerders tydens pouse etes ontvang, snoepie, stoei-en gimnastieksaal, klubhuis en lapa,  swembad (gala en binnehuis), moderne ablusiegeriewe, waardetuin, skoolsaal en adminstratiewe blok.  Die sportfasiliteite sluit in 'n hoëtoubaan, klimmuur, rugbyvelde, netbalbane, boogskietbaan, tennisbane, krieketnette, hokkiefasiliteite en "zip-wire" in.  Ons is besonders trots op die pragtige tuine en imposante ingang wat u as Larrie innooi op ons terrein!

Share by: