BY LARRIES IS ARBEID ONS LEUSE,
SLIM WEES, SPEEL EN SPORT ONS KEUSE.
By Laerskool Rustenburg word kinders deur gehalte-onderrig in ’n georganiseerde en gedissiplineerde omgewing begelei om
afgeronde jongmense te word. Deur Afrikaans as onderrigmedium streef ons daarna om u kind ’n gebalanseerde
individu te maak en sy/haar vaardighede gebalanseerd te ontwikkel om aan die eise van ons tyd te voldoen!
Akademie
By Larries streef ons na akademiese uitnemendheid deur gehalte-onderrig en innoverende leergeleenthede. Ons bied Wolk Skool aan en is trots om deel te wees van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), wat ons akademiese ontwikkeling verder ondersteun. Ons bemagtig elke leerder om hul volle potensiaal te bereik.
Sport
By Larries bied ons 15 verskillende sportsoorte aan waar leerders hul sporttalente kan ontdek, ontwikkel en uitleef. Ons fokus op spanwerk, dissipline, deursettingsvermoë en sportmangees. Hier kry elke jong sportster die geleentheid om te groei en uit te blink.
Kultuur
By Larries bied ons trots 18 kultuuraktiwiteite aan waarin elke leerder die geleentheid kry om sy of haar talente te ontdek en te ontwikkel. Ons moedig kreatiwiteit, selfvertroue en deelname aan. Hier kry elke talent die kans om te skitter.
Visie
Om ‘n Laerskool te wees vir die kinders van ons gemeenskap wat strewe na uitnemendheid op alle terreine.
Missie
- Die daarstelling van bekostigbare gehalte-onderrig in ’n kultureel diverse gemeenskap deur middel van:
- Waardegedrewe onderrig.
- Topgehalte, gekwalifiseerde onderwysers.
- ’n Groot verskeidenheid kurrikulêre en buitekurrikulêre aktiwiteite.
- Die aanwending van tegnologie in die klaskamer.
- Die vestiging van vennootskappe tussen ouer, onderwyser en kind tot voordeel van alle betrokkenes.
Kontak ons vir 'n besoek.
Vul gerus die vorm in.





























