UNIFORMVERSKAFFERS
Larries Aanlynklerewinkel
Druk op die skakel
https://www.laerskoolrustenburg.co.za/store
014 592 0528
She Sport & Schoolwear
014 597 1861
Bezmans
014 592 6327
Professional Schoolwear
083 661 5233
SKOOLDRAG:
Gr RR
Leerders mag privaatdrag aantrek bedags, op dae wat hulle MB het moet hulle asb. hul Gr. RR hempie en groen MB broekie dra. In die winter kan hulle die gewone Larrie Sweetpak dra en tekkies. Tydens uitstappies moet hulle ook asb. geklee wees in hul MB drag.
Gr R
Leerders mag privaatdrag aantrek bedags, op dae wat hulle MB het moet hulle asb. hul Gr. R hempie en groen MB broekie dra. In die winter kan hulle die gewone Larrie Sweetpak dra en tekkies. Tydens uitstappies moet hulle ook asb. geklee wees in hul MB drag.
Gr 1-7
Seuns dra grys broeke en hemde en bruin skoolskoene met grys Larriekouse.
Dogters dra die Larrie rokkie met Larrie kouse en bruin skoene.
Leerders moet tydens MB periode geklee wees in MB drag (hemp en groen broek). Mag hierby tekkies of Larrie plakkies dra (geen ander plakkie nie - plakkies beskikbaar by skool terwyl voorraad hou).
100 Jaar Feeshemp - Omdat Larries verlede jaar ons eeufees gevier het, mag leerders die feeshemp op Vrydae dra. Die hemp mag ook op MB dae gedra word. Die hemp kan op ons aanlyn klerewinkel bestel word en is ook beskikbaar vir ouers en ondersteuners.
Leerders mag die Larries "fleece tops", Larrie oortrektruie, trui of "dri-mac" in die winter dra.
Formele baadjies word net gedra deur leerders wat Erekleure verwerf het.
Leerderraad het hul eie unieke kleredrag.
Leerders mag in die somer kaalvoet skool toe kom.
Copyright © 2024 Digital Zoo Website Design Company - All Rights Reserved
Domain Registration
|
Email Address
|
Website Design
|
Graphic Design
|
Social Media Management
|
Search Engine Optimization
|
Online Marketing
|
Web App Developer