INLIGTINGSENTRUM

INLIGTINGSENTRUM


 

  • Die Inligtingsentrum huisves die skoolbiblioteek waar leerders tydens pouses boeke mag uitneem, asook 'n ouditorium wat gebruik word vir oudio-visuele lesse en opleidingsessies.
  • Die leerders besoek ook die Inligtingsentrum weekliks as deel van die Kurrikulum, tydens die sessies word inligtingsvaardighede aan hul oorgedra en maak ons ook gebruik van Kibooks.
  • Kibooks is ons aanlyn-biblioteek wat leerders bemagtig om enige plek en enige tyd te lees.
  • Die Inligtingsentrum huisves die omgee-yskas waar leerders 'n skenking kan maak van kos wat in hul kosblikke is en dalk in die asblik sou beland. Leerders wat dan nie 'n eetdingetjie het vir pouse nie kan dan 'n item uit die yskas haal.
  • Daar is twee omgeebankies op die stoep van die Inligtingsentrum, as jy die dag eensaam voel, kom sit gerus daar, daar is altyd iemand wat by jou sal aansluit.

 

Share by: