ATLETIEK

ATLETIEK


Larries neem deel aan 'n verskeidenheid van atletiekitems en is 'n span wat jaar na jaar hul merk maak tydens die Super 12 skolekompetisie, en ook gereeld Provinsiale en SA atlete oplewer. Naellope, hekkies, langafstande, aflos, verspring, hoogspring, spiesgooi en diskus verskyn op die Larries atletiekspyskaart.


Larries se geesvangspan sorg dat elke atleet en toeskouer die deelname terdeë geniet en het tydens die 2019 Interskole Atletiekbyeenkoms die geesbeker huistoe gebring.

Share by: