Larries Tennis is tans besig om groot opslae te maak. In 2019 het ons gespog met ligawenners en leerders wat op individuele vlak groot hoogtes bereik het.
Leerders kry afrigting op skoolvlak, asook na-ure by professionele afrigters, kontak gerus vir Mnr Callie J v Rensburg (sel no 074 915 8598 vir verdere inligting rondom lestye.
2020 Inligting:
Alle Larries tennisspelers (of kinders wat nou wil begin speel) word uitgenooi om op Dinsdae, Woensdae en Donderdae saam te kom tennis speel!
Waar: op die Dorpsbane oorkant die pad
Tyd: 14:30 - 15:30
Koste: R150 vir die res van die jaar. Dit sluit 2 nuwe balle in!
Kinders moet 2 balle saambring bane toe.
Ouers kan hul kinders DIREK by die bane besorg, OF hul kan saam met my, mnr Callie, Dorpsbane-toe stap. Ons vertrek vanaf die Snoepie 14:20, en is terug by Larries om 15:40. Mnr Callie gaan daar teenwoordig wees en Norvaltennis gaan 'n ogie hou op die spelery op die baan. Die idee is dat die kinders speel soos in pre-Covid pouses, maw dat daar 'n konstante rotasie is van spelers op die baan.
Betaling werk soos volg:
EFT na Larries rekening of inbetaling by skool
Rekeningbesonderhede:
R150
Laerskool Rustenburg
ABSA
Rekeningnommer: 1220490838
Takkode 632005
VERW: Tennis/u kind se naam
U moet asb die bewys van betaling na my stuur by 074 915 8598 (bv 'n foto vd kwitansie). U kind sal dan die balle ontvang. U kan self besluit hoeveel van die geleenthede per week u kind gaan bywoon. Ons sien baie uit om u kind daar te sien!
Copyright © 2024 Digital Zoo Website Design Company - All Rights Reserved
Domain Registration
|
Email Address
|
Website Design
|
Graphic Design
|
Social Media Management
|
Search Engine Optimization
|
Online Marketing
|
Web App Developer