Larries se Snoepie is uitgekontrakteer aan Kaf Maroola.
Hulle bestuur die snoepie effektief en sorg vir lekker bederfies vir ons Larrie familie elke dag!
Kontak hulle gerus indien u enige navrae het: 083 411 7201
Tannie Riana se boodskap aan ons Larries:
"Welkom aan almal by ons Larries snoepie vir 2024.
Hiermee die spyskaart vir elkeen se kennisname. Daar is ook weer die vooruit betaalde rekeninge vir kinders beskikbaar.
Ouers kan Riana by Snoepie kontak en ook self kom sien om te bespreek.
Wil ook net graag onder u aandag bring met sportbyeenkomste sal daar nie die volle lys van bogenoemde spyskaart wees nie.
Ek sal dan n verkorte lys plaas van wat op daardie dag beskikbaar sal wees. Hou die "Combo" aanbiedinge van tyd tot tyd dop.
Ons sal ten alle tye net die beste aan u bied.
Dankie vir elkeen se ondersteuning."